Solid Foundations Afrikaans Second Language Learner's Book Grade 6

Publisher Namibia Publishing House
Print Price N$ 172.36
Print ISBN 9789991628844
Afrikaans vir Almal Tweede Taal Graad 6 bied ‘n vars nuwe benadering tot die taal. Die doel is vir leerlinge om die taal te ervaar en te ontgin deur ‘n verskeidenheid tekste. Die handleidings is deur Namibiërs geskryf vir ons Namibiese leerlinge. Die stories en temas wat in die Leerlingboeke en Leesboeke vervat is, is interessant en vorm deel van ons land se ryke kultuurverskeidenheid. Die benadering is gestruktureerd met ‘n groot verskeidenheid taalaktiwiteite wat die leerlinge aktief laat deelneem en kommunikeer in die taal. Die boeke skep geleenthede vir integrering en samewerking deur middel van groepsaktiwiteite wat ook persoonlilke, sosiale en kommunikasievaardighede ondersteun en bevorder.
Afrikaans vir Almal Tweede Taal Graad 6 omvat die huidige kurrikulum en is gebaseer op die leerdergesentreerde benadering tot onderrig en verseker optimale kwaliteit onderrig deur praktiese toepassing. Leerlinge word aktief by die leerproses betrek deur middel van interessante aktiwiteite wat spesifiek saamgestel is om vaardighede in praat, lees en skryf te bevorder. Belangrike kenmerke in die boeke is: duidelike en maklik-om-te-lees taal geskik vir elke vlak interessante temas wat geleentheid bied vir gesels en groepbesprekings bevat woordelyste, spelreëls en begripstoetse skep geleenthede vir die lees en verstaan van ‘n verskeidenheid tekste interessante tekste en stories wat leerlinge motiveer om elke dag te lees