Wegspring Afrikaans Eerste Taal Reader Grade 1

Publisher Namibia Publishing House
Print Price N$ 64.80
Print ISBN 9789991626512
Wegspring Afrikaans is die Eerste Taal Handleiding vir die Junior Primêre Fase gebaseer op die Afrikaans Eerste Taal Sillabus vir Grade 1-3. Die doel van hierdie reeks is om die Namibiese leerlinge toe te rus om effektief te kommunikeer, vloeiend te lees en om hulle gedagtes en idees kreatief uit te druk. Die doel is dat leerlinge die taal ervaar en ontgin deur ‘n verskeidenheid tekste. Die stories wat in die Leerlingboeke en Leesboeke vervat is, is verteenwoordigend van ons land se ryke kultuurverskeidenheid en die leerlinge kan na hartelus lees en die Namibiese stories terdeë geniet.
Wegspring Afrikaans omvat die huidige kurrikulum. Dit is gebaseer op die leerdergesentreerde benadering tot onderrig en verseker optimale kwaliteit onderrig deur praktiese toepassing. Leerlinge word aktief by die leerproses betrek deur middel van interessante aktiwiteite wat spesifiek saamgestel is om basiese vaardighede in praat, lees en skryf te ontwikkel. Wegspring Afrikaans is gebaseer op die temas soos vir Environmental Studies voorgeskryf. Die stories in die leesboeke sluit ook aan by die temas. Die boeke skep geleenthede vir integrering en samewerking deur middel van groepsaktiwiteite. Dit dra by tot die ontwikkeling van persoonlike, sosiale en kommunikasievaardighede. Belangrikste kenmerke: duidelike, kleurvolle en doelgerigte materiaal, saamgestel om die belangrikste vaardighede vir Afrikaans te ontwikkel interessante temas wat die geleentheid bied vir besprekings en gesels bevat ‘n verskeidenheid tekste, stories, rympies ens liedjies bevat woordelyste, spelreëls/spellesse en begripstoetse skep geleenthede vir die lees en verstaan van tekste motiveer leerlinge om elke dag te lees genoegsame groepwerk ‘n Onderwysersgids met voorgestelde lesse en werksblaaie Die studiemateriaal vir die Wegspring Afrikaans Reeks bestaan uit: ‘n Leerlingboek ‘n Leesboek ‘n Onderwysersgids