Wegspring Afrikaans Eerste Taal Teacher's Guide Grade 1

Publisher Namibia Publishing House
Print Price N$ 314.38
Print ISBN 9789991626505
Wegspring Afrikaans is die Eerste Taal handleiding vir die Junior Primêre Fase gebaseer op die Afrikaans Eerste Taal Sillabus vir Grade 1-3. Die doel van hierdie reeks is om die Namibiese leerders toe te rus om effektief te kommunikeer, vloeiend te lees en om hulle gedagte en idees kreatief uit te druk. Die doel is vir leerders om die taal te ervaar en te ontgin deur ‘n verskeidenheid verskillende tekste. Die stories wat in die Leerderboeke en Leesboeke vervat is, is verteenwoordigend van ons land se ryke kultuur verskeidenheid en die leerders kan lees na hartelus en die Namibiese stories terdeë geniet.
Wegspring Afrikaans omvat die huidige kurrikulum. Dit is gebaseer op die leerdergesentreerde benadering tot onderrig en verseker optimale kwaliteit onderrig deur praktiese toepassing. Leerders word aktief betrek by die leerproses deur interessante aktiwiteite wat spesifiek saamgestel is om leerders te help om hulle basiese vaardighede in praat, lees en skryf te ontwikkel. Wegspring Afrikaans is gebaseer op die temas soos vir Environmental Studies voorgeskryf. Die stories in die leesboeke sluit ook aan by die temas. Die boeke skep geleenthede vir integrering en samewerking deur groepsaktiwiteite wat bydra tot die ontwikkeling van die leerders se persoonlike, sosiale en kommunikasievaardighede. Belangrikste kenmerke: duidelike, kleurvolle en doelgerigte materiaal wat saamgestel is om die belangrikste vaardighede nodig vir Afrikaans te ontwikkel interessante temas met geleenthede vir bespreking en gesels bevat ‘n verskeidenheid tekste, stories, rympies en liedjies bevat woordelyste, spelling en begripstoetse skep geleenthede vir die lees en verstaan van tekste motiveer leerders om elke dag te lees die boeke word vergesel van ‘n volledige Onderwysersgids met voorgestelde lesse en werksblaaie genoegsame groepwerk Die studiemateriaal vir die Wegspring Afrikaans reeks bestaan uit: ‘n Leerlingboek ‘n Onderwysersgids ‘n Leesboek